Die Kinderfonds

DIE KINDERFONDS

“Jy het die mag om ‘n kind te laat lag!
Gee ‘n bydrae en maak ‘n verskil vandag.”

Kinderfonds samel geld in vir kinders in nood. Jy kan ‘n donasie gee of deelneem aan een van ons fondsinsamelingsprojekte.

——————————          ——————————

Kinderfonds is geregistreer as ‘n publieke weldaadsorganisasie (PBO) en mag Art 18A kwitansies uitreik vir belastingafslag.

——————————          ——————————

Die Kinderfonds is ‘n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie (NPO) en openbare weldaadorganisasie (PBO). Die Fonds is in 1977 gestig en streef daarna om kinders in nood te help deur spesifiek te fokus op programme wat hulle ontwikkel na liggaam, siel en gees.

Dit is maklik om 'n bydrae te maak!

Betaal Die Kinderfonds per EFT of met PayShap

Die Kinderfonds bankbesonderhede:

ABSA, Tjekrekening 2840157329, gebruik jou selfoonnommer as verwysing.

OF

Betaal sonder ’n bankrekeningnommer met Payshap, beskikbaar op jou banktoepassing. Kies Payshap as betaalmetode en gebruik Die Kinderfonds se Payshap ID: 0614794791 om betaling te maak, dis maklik en die betaling is onmiddellik.

Gebruik jou selfoonnommer as verwysing.

Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA OTM en kies kaartlose transaksies.  Moenie betalings binne die bank by ‘n kassier doen nie, die bankfooie is baie hoog.  OTM-transaksies is gratis.

Betaal met jou banktoepassing

Skandeer die QR-kode hieronder met jou banktoepassing se skandeerfunksie.

Of  Laai die Snapscan-toepassing af op jou mobiele toestel, dis ‘n gratis, veilige toepassing van Standard Bank.

Jy kan herhalende betalings opstel met Snapscan indien jy elke maand ‘n donasie wil gee.  Dit werk soos ‘n debietorder en gaan dan so gereeld as wat jy wil outomaties van jou rekening af.  Jy kan dit ook enige tyd kanselleer, die beheer is in jou hande.